↓
 

Stellenbosch Akkommodasie

Stellenbosch Verblyf | Stellenbosch Gastehuis | Stellenbosch Bed en Ontbyt | Stellenbosch Selfsorg Eenhede

  • Tuis
  • Alle Akkommodasie
  • Selfsorg
  • Bed en Ontbyt
  • Oor Stellenbosch
  • Volgens Fasiliteit
    • Troeteldiere Op Versoek
    • Swembad
    • Satelliet-TV
    • Rolstoelvriendelik
    • Konferensiegeriewe
    • Gratis WiFi

Category Archives: Lughawe-pendeldiens Op Versoek

Slaley Country House

Stellenbosch Akkommodasie

Slaley Country House is op ‘n prentjiemooi wynplaas, net 8 km buite Stellenbosch op die R44 in die rigting van Klapmuts, geleë.

Dié gastehuis het 7 en suite-slaapkamers wat keurig ingerig en versier is. Elke kamer beskik oor ‘n platskerm-TV met DStv, ‘n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, en lugversorging. Gratis WiFi word ook voorsien. ‘n Wittebrood-suite met ‘n spa-bad is ook beskikbaar vir ‘n pasgetroude paartjie of ou verliefdes.

Slaley Kelder wat net om die draai van die gastehuis af is bied ‘n bistro wat daagliks oop is vir wynproe en lekker kos. Gaste kan ook van Slaley Country House se swembad en tennisbaan gebruik maak en die rus en vrede van die lewe op ‘n wynplaas geniet.

Red Cottage

Stellenbosch Akkommodasie

Red Cottage is ‘n selfsorgkothuis in Stellenbosch, 2 km van die Universiteitskampus af, 1,5 km van die middedorp af en 1 km van die skole af.

Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer en ‘n oopplan-leefarea en is ten volle toegerus om gaste se verblyf gerieflik te maak. Die slaapkamer het ‘n baie gemaklike koningingrootte-bed met perkallinne. Die badkamer beskik oor ‘n groot instapstort, wasbak en ‘n toilet. Seep, sjampoe en toiletpapier word voorsien.

Die kombuis is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, eenplaat-induksiestoof en ‘n mikrogolfoond. Daar is genoeg breekware, eetgerei en kombuisware. Genoeg melk, koffie, tee, suiker en 2 botteltjies water word gratis vir die eerste aand voorsien.

Die kothuis is heeltemal apart met sy eie ingang, en het veilige parkeerplek agter ‘n outomatiese hek en sy eie tuin.

Die woonbuurt is veilige, maar tog beskik die kothuis oor ‘n sekuriteitshek, diefwering en ‘n alarm vir ekstra veiligheid.

Eendracht Hotel

Stellenbosch Akkommodasie

Die Eendracht Hotel is in Dorpstraat, in die hartjie van Stellenbosch, geleë. Dié hotel is stapafstand van minstens 60 uitstekende restaurante, koffiewinkels, museums, 6 kunsmuseums en -galerye, 3 teaters, en die sokker-, atletiek- en rugbyvelde.

Daar is 12 luukse kamers wat elkeen oor ‘n gemaklike bed, ‘n en suite-badkamer, lessenaars, en WiFi beskik.

Gaste kan gerus die swembad, koffiekroeg en konferensiegeriewe op die perseel gebruik. Veilige parkeerplek is ook op die perseel beskikbaar. Die Eendracht Hotel is rolstoelvriendelik.

Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos wynproe, fietsry, begeleide wandelinge en bergfietsry.

Lumley’s Place

Stellenbosch Akkommodasie

Die gashere van Lumley’s Place, ‘n B&B, het in Johannesdal en Pniel grootgeword. Dis kultuurryke dorpies wat in 1843 hul ontstaan aan vrygestelde slawe te danke het, en die eienaars is tans die eerste generasie wat dié familie-onderneming aan toeriste beskikbaar stel. Die gastehuis is naby Boschendal, Tokara, Bartinney, Solms Delta en baie ander vooraanstaande wynplase. Dis ook net 10 minute vanaf die Universiteit van Stellenbosch, 19 minute vanaf Franschhoek en 22 minute vanaf Paarl.

Die eienaars deel ‘n liefde vir die omgewing se ryk geskiedenis, sy vriendelike mense en die skilderagtige, vreedsame omgewing wat menige besoeker in tyd terugvoer. Pniel se gemeenskap het hul alreeds in 1843 aan die voet van Simonsberg kom vestig.

Die paartjie se passie vir mense en kuier, kookkuns, goeie wyn en trots op hulle vallei was instrumenteel in hul besluit om Lumley’s Place te stig. Dit was voorts deel van hul persoonlike strewe om ‘n nalatenskap te laat deur ander aan een van die mooiste sending-gemeenskappe in die wêreld bloot te stel.

Hulle het baie moeite gedoen om gebruik te maak van die ligging en ‘n struktuur te skep en ontwerp wat nie net mooi is om af te neem uit elke hoek, binne of buite nie, maar ook iets wat ‘n onvergeetlike indruk op diegene wat deur sy deure as gaste en besoekers stap, te laat. Hierdie sorg kan gesien word in elke bietjie detail van die gebruik van glas tot die gebruik van natuurlike lig gedurende die dag en die skep van ‘n mees skouspelagtige effek in die nag aan die kleur van die gebou wat komplementeer eerder as skel. Ons spog met bostaande interieur ontwerp en versierings met dwarslêers op die trap en pionierstyl-kaggels tot ultra moderne balustrade en sagte duvets en tekstuurverwe met elke kamer wat ‘n unieke identiteit het. In kort is geen koste gespaar om gaste van private eksklusiwiteit te voorsien nie.

Paradyskloof Kamer

Stellenbosch Akkommodasie

Paradyskloof Kamer is ‘n privaat eenheid vir 2 in Eden, Stellenbosch.

Dis langs die hoofhuis en die kamer het ‘n privaat ingang en ‘n slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed. Die eenheid het ‘n privaat badkamer met ‘n bad en ‘n stort en beddegoed word voorsien.

Daar is ‘n Nespresso-koffiemasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea bied toegang tot ‘n stoep en tuin. Parkeerplek is voor die huis beskikbaar.

Paradyskloof Kamer is naby verskeie wynlandgoedere en plase en 1,4 km vanaf Stellenbosch Gholfklub, 1,3 km vanaf MediClinic Stellenbosch en 4,6 km vanaf Eikestad Mall. Majeka Spa is loopafstand. Tegnopark is 2 km vanaf woning.

The Log Cabin

Stellenbosch Akkommodasie

The Log Cabin is in die hartjie van Devon Valley in die Kaapse Wynlande geleë en dit het ‘n pragtig uitsig op die berge rondom Stellenbosch en die wingerde wat oor die heuwels kronkel.

The Log Cabin bied gerieflike gastehuisverblyf in 4 kamers wat elk ‘n kombuisie en ‘n en suite-badkamer het. Elke kamer het ook lugversorging, ‘n verwarmer, haardroër, strykyster en ‘n skootrekenaarvriendelike werkspasie. Ontbyt is ingesluit by die tarief. Die gastehuis het ook ‘n swembad, WiFi en veilige parkeerplek.

Doendinge in die omgewing sluit wynproe, fynproewersetes en voetslaan in. Die gastehuis kan ook wynproetoere en pendeldienste help reël.

Sugarbird Manor

Stellenbosch Akkommodasie

Welkom by Sugarbird Manor. Ons pragtige gastehuis is in die skilderagtige Devonvallei net 7 km buite Stellenbosch geleë. Sugarbird Manor bied uitgebreide uitsigte oor wingerde en die vallei na Simonsberg, Stellenbosch en Helderberg.

Ons 9 kamers en 4 selfsorgkothuise het elegante afwerkings. Al die kamers is ingerig met lugversorging, haardroërs, komplimentêre badkamerbenodigdhede en gratis WiFi. Ons gastehuis is toeganklik vir diegene met fisiese gestremdhede en een van ons kamers is rolstoelvriendelik.

Koel af in ons randvloeiswembad, of gaan stap in die protea-blommevelde en wingerde, verken die omliggende wynplase of speel ‘n rondte gholf by een van die nabygeleë bane.

Geniet die prentjiemooi wingerduitsigte, en stap in die tuine by Simonsberg, Stellenbosch en Helderberg.

Besigheim

Stellenbosch Akkommodasie

Besigheim is in Die Boord, ‘n rustige woonbuurt in Stellenbosch geleë. Dié gastehuis is net 400 m vanaf die Mediclinic en Boord Winkelsentrum en sowat 2 km vanaf die middedorp en universiteitskampus. Vername hoofroetes is maklik van hier af bereikbaar en Kaapstad Internasionale Lughawe is sowat 30 km van ons af.

Besigheim bied verskeie gerieflike, bekostigbare verblyf. Al die eenhede is selfsorg met ‘n ontbyt-opsie en beskik oor ‘n TV met volledige DStv, gratis WiFi, lugversorging en veilige parkeerplek.

Stellenbosch is die hoofsetel van die Kaapse Wynlande en bied wonderlike geleenthede aan toeriste. Van ons land se toprestaurante is in en om die dorp en op die skilderagtige wynlandgoedere geleë. Daar is 8 gholfbane wat maklik van hier af bereik kan word. Die historiese en jeugdige atmosfeer wat hier heers, die argitektuur, eikebome, pragtige berge en die Eersterivier maak Stellenbosch ‘n besonderse plek om te besoek!

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House

Stellenbosch Akkommodasie

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House is ‘n bekostigbare, luukse juweel in die Kaapse Wynlande, 5 km vanaf die hartjie van Stellenbosch.

Verblyf word gebied in 16 moderne en suite-kamers. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, ‘n TV met 12 kanale, ‘n vol kroegyskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in. Elke kamer beskik oor ‘n balkon, dek of veranda. Rook word nie in die kamers toegelaat nie.

Ontbyt word bedien in ons pragtige restaurant of buite op die houtdek indien die weer dit toelaat. In die winter is daar ‘n lieflike kaggel wat dit lekker warm hou. Ander geriewe op die perseel sluit ‘n swembad en veilige parkeerplek op die perseel in.

Gaste kan ook ‘n persoonlike wynproesessie in die unieke kelder op die plaas bywoon of langs die swembad ontspan. Ons personeel sal jou help om ‘n perdrit of ‘n potjie gholf by een van die nabygeleë gholfbane te reël. Die veblyf is ook 22 km van Kaapstad Internasionale Lughawe en 35 km van Kaapstad se middestad af.

Life & Leisure Boutique Guest House

Stellenbosch Akkommodasie

Life & Leisure Boutique Guest House is ‘n unieke, moderne gastehuis in Stellenbosch-sentraal. Ons bied moderne gastekamers en konferensiegeriewe

Daar is 7 ruim gastekamers en ‘n aparte gesinseenheid vir 6 gaste langsaan. Elke kamer het ‘n moderne en suite-badkamer, koffie- en teemaakgeriewe, WiFi, lugversorging, ‘n TV met DStv en ‘n yskassie met verversings.

Die unieke venue, die Geel Kamer, is ideaal vir ‘n konferensie of ‘n vergadering. Dis ideaal vir kleiner groepe en kan vir ‘n verskeidenheid behoeftes voorsiening maak.

Life & Leisure Boutique Guest House bied ook ‘n kroeg, swembad en parkeerplek op die perseel.

Die verblyf is naby bekende restaurante, wynplase en kunsgalerye.

UniqueStay Oudehoek One Bedroom Apartment

Stellenbosch Akkommodasie

UniqueStay Oudehoek One Bedroom Apartment bied selfsorgverblyf, en is in die dinamiese middedorp van Stellenbosch geleë. Die gebou is naby aan ‘n verskeidenheid restaurante en koffiewinkels.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en het 1 slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed, en 1 badkamer met ‘n stort. Die oopplan-kombuis het ‘n stoof met ‘n oond, ‘n mikrogolfoond, yskassie en ander toestelle. Langs die kombuis is die sitkamer met ‘n TV.

Die leefarea lei ‘n klein balkon. Die gebou het ‘n hysbak wat toegang bied na die veilige kelderparkeerarea.

Die gebou is lekker naby Stellenbosch se naglewe, museums, die botaniese tuine en die Universiteit.

De Haas Living @ Die Laan 2

Stellenbosch Akkommodasie

2 Die Laan is in Stellenbosch en bied moderne verblyf-opsies.

Daar is selfsorgwoonstelle met 1 slaapkamer of 2 slaapkamers. Eersgenoemde het koninggrootte-beddens. Die tweeslaapkamer-woonstelle het ‘n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede kamer.

Elke woonstel het ‘n oopplan-leefarea met ‘n kombuis wat toegerus is met ‘n koffiemasjien, skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, yskas en eetarea. Verder is daar ‘n TV met DStv en WiFi in die eenhede. Van die eenhede het ‘n stoep met ‘n uitsig oor die swembad. Gaste kan in die swembad afkoel en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

2 Die Laan is net ‘n entjie se stap vanaf Coetzenburg Sportsentrum, 1 km vanaf Eikestad Mall en gaste kan lang ente in die eikelane gaan stap. Stellenbosch bied talle museums en restaurante wat die besoek werd is.

Groenvlei Guest Farm

Stellenbosch Akkommodasie

Groenvlei Guest Farm bied ‘n gastehuis en 4 selfsorg-eenhede op ‘n druiweplaas tussen Bottelary Heuwels en Stellenbosch se wingerde. Dié plaas bied ‘n puik webreekplek en plattelandse gasvryheid, en is net 17 km van Stellenbosch af.

Die gastehuis bestaan uit 4 en suite-kamers, ‘n eetkamer en ‘n sitkamer. Elke kamer in die gastehuis is gegradeer en toegerus met puik, wit perkallinne, luukse duvets en kussings, japonne, platskerm-TV met satellietkanale, yskassie, lugversorging, haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, gratis WiFi, internetkoppelpunt en ‘n elektroniese kluis.

Groenvlei Guest Farm het ook 4 selfsorg-eenhede wat individueel versier, maar nie gegradeer is nie. Elke selfsorg-eenheid bied slaapplek vir 2 tot 6 gaste en bestaan uit ‘n oopplan-kombuis en -leefarea en ‘n badkamer. Elke eenheid is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, ‘n eetkamerstel, rusbank en ‘n TV. Puik linne, luukse duvets, kussings en duvets word voorsien. Die badkamer is toegerus met ‘n stort of bad. Die eenhede het privaat ingange. WiFi is slegs beskikbaar by die gastehuis se ontvangsarea.

Ons gaste word elke oggend bederf met ‘n plaasontbyt in die eetkamer of op die terras met sy asemrowende uitsig op Tafelberg.

Boord Guesthouse

Stellenbosch Akkommodasie

Boord Guesthouse resoneer perfek met Stellenbosch se wêreldbekende argitektuur. Die suites is uiters ruim en poog om ‘n ware tuiste te skep. Ons verkies gaste wat effens langer in Stellenbosch tuisgaan en hul onafhanklikheid hoog op prys stel. Ons gaste wil gewoonlik die toeristestormloop probeer vermy en hierdie unieke universiteitsdorpie in al sy prag te beleef vanuit ‘n blyplek met ‘n gerieflike ligging.

Ons het nou ook ‘n volledige dranklisensie en bied sommige van dié wêreldbekende area se lieflike wyne, sowel as ander drankies, in die gerief van jou kamer. ‘n Kontinentale ontbyt is altyd by die tarief ingesluit. Ons voorsien nou ook luukse spa-behandelings in jou kamer.

Saans bedien ons ‘n komplimentêre glas sjerrie en sjokolade in jou kamer. Gedurende die wintermaande is daar ook ‘n lieflike warmwaterbottel.

Elke suite het ‘n ekstra-lengte, koningingrootte-hemelbed, volledig toegerus met ‘n kombuisie, ‘n kluis, ‘n en-suite badkamer en ‘n privaat ruimte buite, DStv en gratis WiFi. Ons gesin-suite het ‘n aparte sitkamer/eetkamer/kombuisie plus 2 slaapkamers: een vir volwassenes met ‘n lieflike koningingrootte-hemelbed, en ‘n aparte kamer vir kinders onder 12 jaar met ‘n snoesige stapelbed. In hierdie spesifieke eenheid bly kinders onder 12 jaar gratis!

Ons is in ‘n groot park, drie minute van Stellenbosch se historiese middedorp in Dorpstraat af geleë. Stellenbosch se Mediclinic en Die Boord Winkelsentrum is net ‘n entjie met die pad af. Toegang tot die R44 is in ‘n japtrap en dan bevind jy jouself plotseling op ‘n wêreldbekende wynroete, of op pad na die Strand, Kaapstad en, natuurlik, die lughawe. By ons kan jy Stellenbosch se sentrale verkeer vermy.

Eikehoff Apartments

Stellenbosch Akkommodasie

Eikehof Apartments is moderne selfsorgwoonstelle in Kerkstraat in die hartjie van Stellenbosch. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat dié historiese dorpie besoek. Dit is stapafstand vanaf restaurante, galerye, museums, en winkels.

Die eenhede het ‘n koninggrootte-bed met wit linne, en handdoeke word voorsien. Verder is daar ‘n haardroër, strykplank en hangers. Die badkamers het ‘n ruim stort, wasbak, toilet en Charlotte Rhys-produkte.

Die kombuise is goed toegerus en beskik elk oor ‘n wasmasjien-en-tuimeldroër-kombinasie, ‘n ketel, Nespresso-masjien, yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware.

Elke eenheid het ‘n groot platskerm-TV met gratis DStv en lugversorging. Daar is ‘n werkruimte met WiFi. Die gebou beskik oor kelderparkeerplek met 24 uur-sekuriteit wat by die tarief ingesluit is.

Die selfsorg-eenhede se leefareas lei na ‘n lieflike balkon met sitplek waar gaste hul oggendkoffie kan geniet. Ons voorsien koffie, tee, suiker en beskuit.

Baruch Guesthouse

Stellenbosch Akkommodasie

Baruch Guesthouse in Stellenbosch bied die perfekte balans tussen huislike akkommodasie, gemak en kwaliteit diens.

Ons unieke gastehuis is in Die Boord, Stellenbosch, geleë. Dis ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers. Ons word geïnspireer deur die tapisserie van lewe en ons bied ‘n diens wat elke verblyf ‘n onvergeetlike, rustige ervaring sal maak.

Elke kamer het ‘n platskerm-TV met DStv, lugversorging, gasvryheidskinkbord, kroegie, yskas, WiFi, haardroër, internasionale sok en ‘n elektroniese kluis vir ‘n skootrekenaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. ‘n Kontinentale of Engelse ontbyt word daagliks in die eetkamer bedoen en kan met aankoms bespreek word. Die ontbyt word teen ‘n ekstra koste bedien.

Baruch is die perfekte basis vanwaar die nabye Historiese Dorpsentrum en Universiteit verken kan word. Dit is net 5 minute se stap van Stellenbosch MediClinic, Die Boord Inkopiesentrum en Markötter Sportgronde, en 2 minute se ry van die Stellenbosch Gholfbaan af. Baruch is naby die plaaslike skole en ‘n kort afstand van Techno Park en al Stellenbosch se wynplase af.

Klop by ons aan vir onvergeetlike verblyf!

Hoopenburg Guesthouse

Stellenbosch Akkommodasie

Hoopenburg Guesthouse is op ‘n boetiekwynlandgoed van sowat 70 ha met ‘n welige tuin wat verskeie soorte voëls lok geleë. Wonderskone uitsigte oor die wingerde en lieflike sonsondergange maak hierdie ‘n wonder van die natuur. Ontspan langs die swembad of gaan stap deur die wingerde na die wynkelder en geniet ‘n glas wyn.

Ons ligging is uiters sentraal en ons is dus ‘n wonderlike basis vanwaar mens die nabygeleë besienswaardighede kan besoek en ook ‘n perfekte plek vir sakereisigers. Die gastehuis is net 45 minute van Kaapstad se middestad af en 10 minute vanaf Stellenbosch, met maklike toegang tot die N1-hoofweg.

Ons het 5 kamers: enkelkamers, dubbelkamers, gesinskamers en ‘n tweeslaapkamerkothuis. Elke kamer is toegerus met moderne geriewe, koffie- en teemaakgeriewe, TV met sekere DStv-kanale, verwarmer, waaier en haardroër. Die gesinskamers het elkeen ‘n mikrogolfoond en yskassie en daar is ‘n lekker kaggel in die leef- en eetkamer en in die somer kan jy in die swembad afkoel. Die perseel is kindervriendelik en omhein met ‘n veilige plaaswerf vir die jongspan.

Ander geriewe op die perseel sluit wynproe, WiFi, visvang, ‘n swembad en ‘n kaggel in die eetarea in. Daar is ook ‘n gesinsrestaurant op die buur-wynlandgoed.

Ons bied ook geriewe vir kleiner konferensies van tot 20 afgevaardigdes en funksiegeriewe vir tot 40 gaste. Ons bied warm en vriendelike, dog diskrete, gasvryheid en loop die ekstra myl om ons gaste ‘n wonderlike verblyf te verseker.

Besienswaardighede in die omgewing: wyn- en kaasproe, restaurante, kameelperdpark, leeupark, Le Bonheur-krokodilplaas, Butterfly World, perdry, visvang in die dam, gholfbane, bergfietsroetes, die Taalmonument en kultuur- en historiese toere.


stellenbosch akkommodasie airbnb | stellenbosch akkommodasie wynplaas | stelbosch akkommodasie te huur | stelbosch akkommodasie facebook | stellenbosch akkommodasie vir studente | stellenbosch akkommodasie op kampus | stelbosch akkommodasie naby universiteit | stelbosch akkommodasie goedkoop | woonstel woonstelle in stellenbosch | betaalbare akkommodasie in stellenbosch | akkommodasie stellenbosch en omgewing | stelbosch hotel en spa | hotel adres van stellenbosch | stellenbosch hotel asara | bed en ontbyt in stellenbosch stelbosch budget accommodation | stellenbosch beste akkommodasie | stelbosch backpackers akkommodasie | stelbosch boetiek akkommodasie | akkommodasie stellenbosch banghoek | huisvestingskool stellenbosch | hotel stellenbosch ontbyt | stellenbosch b & b akkommodasie | akkommodasie stellenbosch sentrale | stellenbosch goedkoop akkommodasie selfsorg
budget accommodation Stellenbosch Akkommodasie

Nabygeleë Streke

Voorstede


Brandwacht
Die Boord
Jamestown
La Colline
Mostertdrif
Muldersvlei
Paradyskloof
Stellenbosch Sentraal
Uniepark

Dorpe


Bonnievale
Caledon
Franschhoek
Greyton
Kraaifontein
McGregor
Paarl
Rawsonville
Riebeek West
Riebeek-Kasteel
Robertson
Somerset-Wes
Stellenbosch
Tulbagh
Wellington
Worcester

Filter Volgens Fasiliteit

Alle Akkommodasie Bed & Ontbyt Gratis WiFi Konferensiegeriewe Lughawe-pendeldiens Op Versoek Masseer en Skoonheidsterapie Restaurant op Perseel Rolstoelvriendelik Satelliet-TV Selfsorg Swembad Troeteldiere Op Versoek
Suid Afrika Akkommodasie Botswana Akkommodasie Kenya Akkommodasie Tofo Mozambique Accommodation Malawi Akkommodasie Uganda Akkommodasie Zambia Accommodation Zimbabwe Akkommodasie

 

    · Addo · · Addo Elephant Park · · Amanzimtoti · · Aston Bay · · Baviaanskloof · · Belfast · · Bettysbaai · · Bloemfontein · · Breederiver Valley · · Cape St Francis · · Centurion · · Ceres · · Cradock · · Dana Bay · · Dullstroom · · Durban · · East London · · False Bay · · Garden Route Backpackers · · Gariep · · George · · Glencairn · · Gordonsbaai · · Graaff Reinet · · Groot Brakrivier · · Harrismith · · Hartbeespoort Dam · · Hermanus · · Hondeklipbaai · · Jeffreys Baai · · Jeffreys Bay · · Johannesburg · · Kaapsehoop · · Kaapstad · · Kimberley · · King Shaka Airport · · Komatipoort · · Knysna · · Kruger Park · · Kruger National Park · · Kyalami · · la Lucia · · Langebaan · · Louis Trichardt · · Margate · · Melkbosstrand · · Midlands · · Montagua · · Mossel Bay · · Newcastle · · Newlands · · Nieubethesda · · Ooslonden · · Overberg · · Paarl · · Paradise Beach · · Paternoster · · Pennington · · Pietermaritzburg · · Pilanesberg · · Plettenberg Baai · · Plettenberg Bay · · Port Alfred · · Port Elizabeth · · Prince Albert · · Sabie · · Saldanha · · Sandton · · Scottburgh · · Seapoint · · Sodwana Bay · · Soweto · · St Francis Bay · · St Georges Park · · St Helena Bay · · St James · · Stellenbosch · · Struisbaai · · Sunday’s River · · Swellendam · · Tableview · · Thesen Island · · Three Sisters · · Tsitsikamma · · Tuinroete · · Upington · · Victoria West · · Vryheid · · Wild Coast · · Willowmore ·
BETALINGS
Budget Accommodation
TOERISTE BESTEMMINGS
Drakensberg
Garden Route
Cape Peninsula
Cape Winelands
Cape Route 62
Kruger Park
Karoo
West Coast
GEWILDE STEDE
Cape Town
Johannesburg
Pretoria
Durban
Bloemfontein
Port Elizabeth
East London
Richards Bay
NABYGELEE LANDE
Kenya
Tanzania
Namibia
Mozambique
Botswana
Swaziland
Zimbabwe
Lesotho
AANGEDREWE DEUR TRAVELGROUND.COM
Oor TravelGround
Kontak TravelGround

Gehuisves en ontwerp deur DNA-ONLINE
↑