Schuilplaats Studio and Overnight Accommodation
Schuilplaats Studio and Overnight Accommodation is in die beeldskone woonbuurt, Paradyskloof, in Stellenbosch geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir ‘n paartjie, vakansiegangers of sakereisigers.
Daar is 2 eenhede. Die lieflike ateljee-tuinwoonstel is 30 m² groot en het ‘n privaat ingang. Daar is 2 driekwartbeddens in die woonstel en dit het ‘n en suite-badkamer, ‘n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Die yskassie is volgemaak. Die woonstel beskik ook oor ‘n TV met volledige DStv.
Die oornag-eenheid het ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed en ‘n TV. Die badkamer is en suite. Daar is ook ‘n klein sitkamer met tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ‘n yskas met ‘n eerlikheidskroeg. Die eenheid het ‘n privaat ingang met ‘n buite-area.
Die woonstel het ‘n patio aan die voorkant met beeldskone uitsigte oor die berge. Ons is na aan verskeie geriewe waaronder verskeie gewilde restaurante, ‘n supermarkie en is boonop stapafstand van die Stellenbosch Gholfbaan. Ons het ook ‘n swembad vir warmer dae. Die eenheid is ook naby die MediClinic-hospitaal.
